Top SA seiljagvaarders in aksie in Lipton-uitdaagbeker
Seiljagvaart: Suid-Afrika se top-seevaarders ding tans mee in die 70ste Lipton-uitdaagbeker in Kaapstad. Dit is die enigste interklub-seilkompetisie van sy soort in die land. Die heersende kampioene, die Royal Cape-seiljagklub se Span Nitro, is terug in vanjaar se kompetisie wat voortgaan ten spyte van sterk wind. Volgens regulasies moet ʼn minimum van drie wedvaarte op drie verpligte roetes binne die toegelate vyf dae voltooi word. Die kompetisie eindig Vrydag.