‘Niks polities’ agter Durov se arrestasie

Daar is geen politiese motief agter die arrestasie van Pavel Durov, die Russies-gebore stigter van die boodskap-app Telegram nie. Dit is die mening van die Franse president Macron. Macron het die stelling op X gemaak, twee dae na Durov se arrestasie. Die gebrek aan amptelike bevestiging het gelei tot bespiegeling oor die redes agter sy aanhouding. Macron sê die arrestasie van die Telegram-president op Franse grondgebied het plaasgevind as deel van ’n voortgesette geregtelike ondersoek.