Oud-minister Hengari verskyn weerJune 3, 2025

Oud-landbouminister Mac Hengari sal na verwagting vandag weer in die Windhoek-laerhof verskyn op ‘n klag van regsverydeling. Dit kom na hy blykbaar 230 000 Namibiese dollar gedurende die laaste naweek in April aan die 21-jarige vrou met wie hy blykbaar ‘n verhouding het, wou betaal, vermoedelik dat sy klagtes teen hom terugtrek of, dat sy Kanada toe kan verhuis. Borg is destyds geweier en sy regspan by Weder, Kauta & Hoveka het vroeg in Mei te kenne gegee dat ‘n dringende borgaansoek gebring sal word wat nie plaasgevind het nie.