Siriese vlugteling verantwoordelik vir Solingen-mesaanval

Duitse aanklaers sê die verdagte wat in verband met die mesaanval in die stad Solingen gearresteer is, is vermoedelik ‘n lid van die Islamitiese Staat. Drie mense is dood en agt beseer na Vrydag se aanval by ‘n fees. Die polisie van Düsseldorf en aanklaers het onthul die 26-jarige Siriese man het homself oorgegee. Duitse federale aanklaers, wat die ondersoek oorgeneem het, het sy vermeende bande met die ekstremistiese groep onthul. Die Islamitiese Staat het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.