Kolisi glo op pad terug na SA uit Frankryk

Rugby: Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, is volgens berigte op pad terug na Suid-Afrika uit Frankryk nadat die eienaar van Racing 92, Jacky Lorenzetti, in die openbaar beweer het hy is oorgewig en sy spelpeil nie na wense nie. Kolisi is na verlede jaar se Wêreldbekertoernooi na die span met ‘n jaarlikse salaris van sowat 20-miljoen Suid-Afrikaanse rand, terwyl die klub die Haaie ook 17-miljoen-rand betaal het om hom uit te koop, maar ‘n besering het daartoe gelei dat hy nie juis beïndruk het nie. Die Haaie is skynbaar gretig om hom terug te hê.