Kankervereniging kry hulp met biopsienaalde
Die Kankervereniging van Namibië het ‘n skenking van biopsienaalde met ondersteuning van Standard Bank aangekondig deur die Circle of Hope-program. Die vereniging sê dit is ‘n belangrike stap vorentoe in hul pogings om die gesondheidministerie te ondersteun en borskankerdiagnose en -sorg landwyd te verbeter. Vroeë en akkurate diagnose van borskanker is noodsaaklik vir effektiewe behandeling en verbeterde pasiëntuitkomste. Die biopsienaalde sal dokters help om presiese en minimaal indringende biopsies uit te voer, om te verseker dat meer vroue tydige en betroubare diagnoses kan ontvang. Kosmos 4.1 Nuus het met die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gesels.