Eerste stap na vrede in Sudan is bereik

Die regering van Suid-Sudan en rebelle-opposisiegroepe het ‘n belofte onderteken vir ‘n vredesverklaring tydens hoëvlak-bemiddelingsamesprekings in Kenia. Die ooreenkoms wil die konflik beëindig wat Suid-Sudan se ekonomie lamlê. Die besonderhede is nie bekendgemaak nie, maar dit is ‘n mylpaal in die voortgesette Tumaini-inisiatiefsamesprekings. Die bemiddellaar en afgetrede Keniaanse spesiale afgevaardigde vir die vredesproses, Lazaro Sumbeiywo, vra die leiers om die vrede te bewaar: