Verpleërsvakbond kry geen antwoord van ministerie nie

Die Namibiese verpleërsvakbond het op 21 Julie ‘n brief aan die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie Ben Nangombe gerig om te vra dat sy lede, wat tans meer as 40 ure oortyd maandeliks werk, daarvolgens kan eis. Op die oomblik is die maksimum 40 ure se oortyd maandeliks. Die sekretaris-generaal van die vakbond Junias Shilunga sê hulle het geen antwoord ontvang nie en word geïgnoreer al plaas hulle daagliks hulle lewens in gevaar.