Vuilste maatskappye in Afrika bekend

Greenpeace Africa sal dié week sy jongste verslag vrystel met die titel Major Air Polluters in Africa Unmasked. Lugbesoedeling het in 2019 na vore gekom as die tweede belangrikste oorsaak van sterftes op die vasteland. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie asem nege uit elke tien mense tans lug in wat sy riglyne oorskry vir besoedelingstowwe, met mense in lae- en middel-inkomste lande wat die ergste ly. Greenpeace Africa sê die verslag sal ook die behoefte uitlig aan die versnelling van ‘n billike oorgang na skoon energie.