Malema vee hom af aan Cyril se vergadering

Die leier van die EFF, Julius Malema, het President Cyril Ramaphosa se vergadering met opposisieleiers geïgnoreer. Ramaphosa het met die partyleiers vergader oor oplossings vir die plundering, geweld en vernietiging op plekke in die land. Malema sê hy het hom onttrek aan vergaderings met Ramaphosa omdat die president partyleiers slegs gebruik om besluite te wettig wat in werklikheid reeds geneem is. Malema sê Ramaphosa skenk nie aandag aan ander bydraes nie en gebruik slegs die DA-insette wat met syne ooreenstem. Malema sê die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng is ‘n ANC-probleem.