Nuwe Toerismeraad aangekondig
Toerisme-minister Pohamba Shifeta het die nuwe Namibië Toerismeraad bekendgestel, wat tot 31 Oktober 2026 sal dien. Janette Fourie is die nuwe voorsitter, met Olavi Hamwele as adjunk-voorsitter. Die raadslede is Ally Karaerua, Maggy Mbako, Ngivitjita Zatjirua, Efraim Nkoshi en Rachel Nathaniel-Koch. Die raad se verantwoordelikhede sluit in ontwikkeling van die toerisme-bedryf en die ondersteuning van omgewingsvolhoubare praktyke. Kosmos 94.1 Nuus het met Jannette Fourie gesels wat meer deel.