Oppas vir spandabelrigheid!

Die inflasiekoers op ‘n jaarbasis was effe laer in Oktober op 6 persent, teenoor die 7.1 persent wat in dieselfde tyd verlede jaar gemeet is. Volgens die nuutste verbruikersprysindeks-verslag was die koers op ‘n maandelikse basis onveranderd op 0.8 persent vergeleke met September. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die ekonomie-departement by die Universiteit van Namibië gepraat, wat sê mense moet steeds versigtig werk met hul geld, want die koopkrag daarvan word minder.