Ministerie werk aan watervoorsiening

Die water-ministerie volg ‘n pro-aktiewe benadering as gevolg van die kritieke uitdagings met watervoorsiening in verskeie streke. Die gebiede wat geraak word sluit in Omusati, Oshikoto, Ohangwena, die Daures-kiesafdeling in die Erongo-streek, Tondoro-kiesafdeling in die Kavango-Wes-streek en Otjombinde in die Omaheke-streek. Woordvoerder Jona Musheko sê korttermyn- én langtermynoplossings word ingestel om watervoorsiening volhoudend en betroubaar te verseker.