Bouplanne is uitstekende ekonomiese aanwyser

Langtermynneigings in bouplangoedkeuringsdata dui steeds op gedempte beplande konstruksie-aktiwiteit in die Stad Windhoek, volgens IJG Securities. Die aantal en waarde van bouplangoedkeurings wat gedurende die eerste drie kwartale aangeteken is, is ongeveer 25 persent laer as dié wat in dieselfde tydperk ‘n jaar gelede goedgekeur is. Jason Kasuto, plaaslike ekonoom en besturende vennoot van Monasa Advisory and Associates, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoekom bouplan-data ‘n goeie aanduiding van ekonomiese groei is.