Geestesgesondheid onder die loep

Die maand Oktober kenmerk die bewusmaking van geestesgesondheid regoor die wêreld. In vandag se parlementsitting het Reggie Diergaardt van die PDM ‘n wetsontwerp voorgestel wat volgens hom broodnodig is vir geestesgesondheid-kwessies in die land. Hy het ‘n beroep op die regering gedoen om die toeganlikheid van rehabilitasiesentrums te verbeter en die koste daarvan te verminder.