Brand-bewusmaking begin in die Kaap

CapeNature doen ‘n beroep op inwoners om hulle deel te doen deur brandveiligheidsmaatreëls toe te pas met die Wes-Kaap wat die warmer en droër maande binnegaan. Oop vure, veral tydens die warm, droë en winderige dae is ‘n algemene oorsaak van onbeheerde brande. Die hoofbestuurder van Cape Nature, Petro van Rhyn, sê hulle bestuur meer as 800 000 hektaar beskermde gebiede in die provinsie, waarvan die meeste deel vorm van die Kaapse Blommestreek Wêreld-erfenisgebied: