Israel sal nie water, kos, krag aan Gaza voorsien nie

Aanvalle op Gaza duur voort met Israel wat reeds groot gebiede verwoes het. Die gebied, die tuiste van 2,1 miljoen mense is omring deur Israeliese magte en die mense het nêrens heen om te vlug nie. Luitenant-kolonel Jonathan Conricus, die internasionale woordvoerder van die Israelse weermag, sê Israel sal nie water, brandstof of kos aan die inwoners van Gaza voorsien nie. Hy sê die nodige infrastruktuur, soos pyplyne en paaie is verwoes wat hy sê Hamas verantwoordelik voor is.