Swartmense moet leer oor geestesgesondheid
Die Oos-Kaapse LUR vir Gesondheid, Nomakhosazana Meth, het gevra dat weggedoen word met die stigma verbonde aan geestesgesondheid veral in swart gemeenskappe. Sy het die jaarlikse geestesgesondheid-lesing in Mthatha toegespreek. Meth sê haar departement gee voorkeur aan die bekendstelling en behandeling van geestesgesondheid vir alle ouderdomme. Die LUR het voorts gesê dit word gedoen deur primêre gesondheidsorg te versterk, die aanwys van ‘n distrikspan en die infrastuktuurplan.