Gauteng wil vervoervloot elektrifiseer

Gauteng se LUR vir Vervoer en Logistiek, Kedibone Diale-Tlabela, sê baie lande elektrifiseer hul vervoervloot en stel elektriese busse, trems en treine in gebruik om uitlaatgasse te beperk en bedryfkoste te besnoei. Hulle ondersoek soortgelyke planne in Gauteng om die luggehalte te verbeter. Die provinsie is besig om elektriese motors in gebruik te neem en gaan binnekort ook waterstofvoertuie begin gebruik. Diale-Tlabela sê die provinsie wil skoon waterstof deur wind- en sonkragplase produseer om dié oorgang moontlik te maak.