Kaapse owerhede kry skoon oudits
Terwyl Namibië sukkel, het die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, bevestig elk van die 14 provinsiale departemente asook elk van sy 11 instellings het ongekwalifiseerde oudits ontvang in die 2022/23-boekjaar. Dit is die beste oudit-uitkomste wat die provinsiale regeringsdepartemente en instellings gesamentlik in vyf jaar behaal het. Wenger sê die uitslag is duidelike en onbetwisbare bevestiging van die provinsie se kultuur van etiese regering: