SAPD moet help om Tshwane te beveilig
Die Stad Tshwane doen ‘n beroep op die verskillende vlakke van die polisie en Misdaadintelligensie om hulle pogings te verskerp in die handhawing van wet en orde in die hoofstad. Twee busse is met klippe gegooi terwyl die onwettige en onbeskermde staking voortduur. Geen beserings of sterftes is aangemeld nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer, Katlego Mathebe, sê die stad sal nie afgeskrik word nie en sal verseker dat busse terug op die pad is: