Verbod op beweging van pluimvee kom dalk
Die direkteur vir Veeartsenydienste in Noordwes, Langa Madyibi, sê ‘n verbod op die beweging van pluimveeprodukte moet afgedwing word indien die situasie met voëlgriep dit noodsaak. Noordwes is die jongste provinsie waar die siekte waargeneem is, met 2,7 miljoen hoenders wat reeds van kant gemaak is as gevolg van uitbrekings. Madyibi sê die sleutelfaktor wat die verspreiding van die siekte dryf, is die verskuiwing van pluimvee van een gebied na ‘n ander. Hy beklemtoon die belangrikheid van streng maatreëls om die uitbreking te beperk en verdere verspreiding te voorkom.