Hage is verkeerd oor apartheid en volksmoord – PDM

President Hage Geingob het verlede week in Parys gesê die apartheidsregime van Suid-Afrika, waarteen Swapo geveg het, is ‘erger’ as die volksmoord wat Duitsland teen die Nama- en Ovaherero-etniese groepe gepleeg het. Geingob het gemeen dat Suid-Afrika se optrede tydens apartheid ernstiger was. Die leier van die amptelike opposisieparty die PDM, McHenry Venaani, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die president se opmerkings moreel onverdedigbaar en ver uit die kol is.