Akkerbou vertoon uiters swak in tweede kwartaal

Die Namibiese Statistieke-agentskap het sy oorsig vir landbou en visserye vir die tweede kwartaal bekend gestel. Die agentskap sê totale akkerbou-produksie het met 60,1 persent gedaal teenoor dieselfde tydstip verlede jaar. Daar is net minder as 22 000 ton witmielies, koring en mahangu geproduseer teenoor net meer as 55 000 ton verlede jaar. Mielies het by verre die meerderheid van die tonnemaat, op 21 648 ton, beslaan. Daar is 295 ton mahangu en 10 ton koring geproduseer. Uitvoere van landbouprodukte in die tweede kwartaal het 15,6 miljoen Namibiese dollar beloop teenoor 119,3 miljoen dollar verlede jaar.