640 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 640 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Windhoek het 343, Walvisbaai 98, Swakopmund 45,Usakos 15,Otjiwarongo 14, en Gobabis 13. Die res kom landwyd voor. Daar is 33 143 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 132 849.Die totale sterftesyfer is tans 3 577.