Ramaphosa positief vir Covid

Die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het positief getoets vir Covid-19. Hy word gemonitor deur die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Volgens berigte het hy na die gedenkdiens vir die voormalige president, FW de Klerk olik begin voel. Die 69-jarige Ramaphosa se simptome is tot dusver baie lig. Hy is ten volle ingeënt. Hy is tans is self-isolasie in Kaapstad. Ramaphosa het pas teruggekeer van ‘n ampsbesoek in Senegal.