6 Januarie-komitee: Pence sê daar is niks nuuts om te sê nie

Daar is groot afwagting vir die getuienis van die voormalige vise-president in die VSA, Mike Pence, voor die komitee wat die 6 Januarie opstand ondersoek. Die komitee moet bepaal of daar klagte teen oudpresident Donald Trump in die verband gebring moet word of nie. Pence het probeer keer om te getuig maar is onlangs deur ‘n hof beveel om te verskyn. Hy het aan Amerikaanse media gesê hy het niks nuuts om te sê oor die opstand nie. Dit was hy reeds gesê het, en in sy boek gepubliseer het, is al wat daar is.