Cyril moet ruggraat ontwikkel en finaal sê oor Ramokgopa

Die DA sê die aanstelling van die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, begin al meer na ‘n mislukking lyk. Die party sê as President Cyril Ramaphosa ernstig was om Ramokgopa aanspreeklik te hou om die land se energiekrisis op te los, sou hy al die verantwoordelikhede van die minister se portefeulje in die staatskoerant gepubliseer het. Samantha Graham-Maré van die DA sê Ramaphosa moet ook Ramakgopa se prestasiekontrak plaas sodat landsburgers van hom rekenskap kan eis vir die voortslepende beurtkragkrisis: