Reuse veldbrand naby KhorixasJune 23, 2025
‘n Groot vuur brand tans tussen Khorixas en Sorris Sorris, rigting Uis. Volgens die jongste, wat laat Sondagaand deurgegee is, het die brand oor meer as tien hektaar gewoed. Daar was teen daardie tyd nie veel hulp nie met ses brandbestryders wat ontplooi was en nog hulp wat ontbied is. Die brand is duidelik sigbaar op Nasa se brandkaart. Die gebied het uiters goeie reënval ontvang en die gras staan hoog.