NamWater loop weer deur in ErongoJune 23, 2025

NamWater het die soveelste voorval van vandalisme aan sy infrastruktuur aan die kus aangemeld. Die jongste voorval het Vrydagnag die hoofkraglyn by Ruby geteiken, wat elektrisiteit aan die Swartbank- en Rooibank-boorgate verskaf. As gevolg hiervan het NamWater ‘n onmiddellike verlies van 650 m³/uur aan watervoorsiening van hierdie boorgate gely. Die polisie en Erongo RED het vinnig gereageer maar die oortreders het egter daarin geslaag om van die toneel te vlug. Herstelwerk is begin, en die krag is teen vyfuur Sondagmiddag suksesvol herstel. Dit kom na Uis en Hentiesbaai onlangs ook sonder water was as gevolg van vandalisme.