NNN lei span na sakeberaad in Angola June 22, 2025
‘n Namibiese afvaardiging onder leiding van president Netumbo Nandi-Ndaitwah woon die VSA-Afrika-sakeberaad in Angola by, wat vandag in Luanda begin. Meer as 1 500 afgevaardigdes sal na verwagting die geleentheid bywoon, insluitende staatshoofde van Afrika, ministers en senior amptenare van Amerika. Nandi-Ndaitwah word vergesel deur onder andere Selma Ashipala-Musavyi, die minister van internasionale betrekkinge en handel, asook werke- en vervoerminister Veikko Nekundi. Die beraad duur tot Woensdag.