Derduisende gesondheidsposte in SA ongevul June 22, 2025
Die DA sê die vakatures in die sektor vir openbare gesondheid is besig om handuit te ruk, met meer as 27 000 poste wat tans nie gevul is nie. Meer as 2 000 hiervan is vir dokters en bykans 17 000 is vir verpleegsters. Volgens die DA het die departement van gesondheid erken dat die vakature-koerse onvolhoubaar is. Die alliansie het voorts sy kommer uitgespreek oor teenstrydige statistiek rakende indiensneming wat deur die gesondheidsminister, dr. Aaron Motsoaledi, vrygestel word.