Harvard Law School sluit aan by Jhb-olifantsaakJune 18, 2025

ʼn Mylpaalsaak om olifante uit die Johannesburg Dieretuin te bevry, het internasionale ondersteuning gekry. Die saak is gegrond op die stelling dat die olifante se aanhouding in die dieretuin die Grondwet oortree, in besonder wat omgewingsregte betref. Regstudente van Harvard Law School het as vriende van die hof by die saak aangesluit. Hulle stem saam met die argument dat die inperking van drie olifante, Lammie, Mopane en Ramadiba, hulle geestelike, emosionele en fisiese welstand aantas. Johannesburg Dieretuin sê die olifante ontvang voldoende sorg en aandag.