Skedule vir IKR Vroue Wêreldbeker uitgereikJune 17, 2025

Die Internasionale Krieketraad het die volledige skedule vir die 50-beurt Vroue Wêreldbeker uitgereik, met vyf stede regoor Sri Lanka en Indië as gasvroue. Indië kom teen Sri Lanka te staan in die openingswedstryd in Bengaluru op 30 September. Die heersende kampioene Australië sal met die verdediging van hul titel begin teen Nieu-Seeland. Suid-Afrika open sy veldtog op 3 Oktober teen Engeland in Bengaluru. Drie dae later kom hulle in Indore te staan teen Nieu-Seeland, gevolg deur ‘n wedstryd teen Indië op 9 Oktober.