Daniel sê Etosha-heining moet teen 2030 voltooi weesJune 17, 2025

Die omgewingsminister Indileni Daniel sê die opknapping van die heining om Etosha Nasionale Park moet teen 2030 voltooi wees. Die grens is 824 kilometer lank en nog net 185 kilometer is blykbaar voltooi, met werk wat in 202 begin het. Intussen sê Daniel dat tussen 2019 en 2024 het bewareas wat grens aan die park, 388 vee verloor deur roofdiere. Dit sluit in bees, bokke, donkies en perde. ‘n Totaal van 61 hektaar gewasse is ook vernietig. Maar, dit is nie net roofdiere wat uit die park ontsnap nie omdat roofdiere hulself reeds in bewareas gevestig het.