Stad Whk loods navorsing oor shebeens, en impakJune 16, 2025

Stad Windhoek het kennis gegee dat hy tot September vanjaar ‘n opname oor shebeens in die hoofstad doen met die hooffokus op die sektor se bedrywighede en die impak daarvan op die hoofstad. Die rol van die drinkplekke in sosio-ekonomiese ontwikkeling sal ook bepaal word in ‘n poging om ‘n inklusiewe shebeenbeleid te ontwikkel. Die munisipaliteit sê veldwerkers sal in woonbuurte besoek aflê om data in te samel.