Namibië het nou 25 politieke partye, ontleder sêJune 16, 2025
Namibië het verlede week twee nuwe politieke partye ryker geraak. Die People United for Change en die Namibia Progressive Party is amptelik by die Verkiesingskommissie van Namibië geregistreer. Dit bring die aantal geregistreerde politieke partye in die land op 25 te staan. Is ‘n verskeidenheid van politieke partye ‘n teken van ‘n gesonde demokrasie? Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah hieroor gepraat.