Twee betrap met vermoedelik N$6m se dagga June 15, 2025
Twee mans sal na verwagting môre in die landdroshof op Karasburg verskyn ná hulle met dwelms ter waarde van bykans ses miljoen Namibiese dollar in hul besit betrap is. Die verdagtes, een van Tanzanië en die ander van Eswatini, is Donderdagnag tussen die grensposte op Ariamsvlei en Nakop vasgetrek. Hulle het na bewering bykans 117,4 kg dagga by hulle gehad, het die polisie bevestig.