Polisie gryp Mosambieker in Kruger ParkJune 15, 2025

‘n Mosambiekse burger is gearresteer vir onwettige vuurwapenbesit en betreding in die Kruger Nasionale Park se Satara-gebied. Veldwagters het Saterdag drie verdagtes naby die Ngotso-dam teëgekom. Een het losgebrand en ‘n skietgeveg het uitgebreek waartydens twee verdagtes gewond is. Een het later beswyk. Die derde verdagte het gevlug. Daar is beslag gelê op onder meer ‘n jaggeweer, ammunisie, ‘n byl, mes en selfone. Die oorlewende is onder polisiebewaking in die hospitaal en staar verskeie aanklagte in die gesig. Die polisie soek steeds na ‘n derde verdagte.