Passasiersyfers na Namibië koers opwaarts June 14, 2025

Meer as 102 400 passasiers het in April op lughawens in Namibië geland en vertrek, toon die jongste data van die Namibiese Statistiekagentskap. Dit is beduidend meer as die syfer van Maart én van April 2024, wat beide minder as 100 000 was. Meer as 80 persent van passasiers het deur die Hosea Kutako Internasionale Lughawe beweeg, terwyl die lughawe op Walvisbaai sowat 9 persent hanteer het, en Eros-lughawe 5 persent. Volgens die NSA dui die styging in passasiersgetalle op die herstel in lugverkeer in die land.