Olimpiër Heath Ryan geskors oor perd-slaanJune 13, 2025
Perdesport: Die Australiese Olimpiese atleet Heath Ryan is geskors oor ʼn video waarin hy ʼn perd sowat 40 keer met ʼn sweep slaan. Die 66-jarige Ryan sê die voorval het twee jaar gelede plaasgevind en was deel van ʼn reddingspoging om ʼn probleemperd te rehabiliteer. Hy sê alles wat hy gedoen het, was in die dier se beste belang. Australië se beheerliggaam vir perdesport, Equestrian Australian, sê hy is uiters geskok en bekommerd oor die gebeure in die video en neem dierewelsyn baie ernstig op.