SMS-inkomste daal in eerste kwartaalJune 12, 2025
Die land se inligting- en kommunikasietegnologie-sektor het in die eerste kwartaal van 2025 bestendige groei aangeteken, met totale data-inkomste wat 831 miljoen Namibiese dollar bereik het. Dit is volgens die jongste verslag van die Kommunikasie-regulerende Owerheid van Namibië, Cran. Stemdienste-inkomste was bestendig op 162 miljoen dollar, terwyl SMS-inkomste tot 35 miljoen dollar geval het, wat ‘n 14 persent daling weerspieël soos die gebruik van tradisionele boodskappe afneem. Die verslag dek telekommunikasie, kuberveiligheid, uitsaaiwese en posdienste-neigings van Januarie tot Maart vanjaar.