Namibië praat oor oorgrens waterbronne in NiceJune 12, 2025

Die landbouministerie se uitvoerende direkteur Ndiyakupi Nghituwamata, is in Nice, Frankryk by die VN se Oseaneberaad. Sy het, onder andere, ‘n oorsig gegee van Namibië se vordering in sy raamwerk vir oorgrens watersamewerking en het melding gemaak van die Okavango- en Oranje-Senqu-rivierkomme.