Ombud gesels oor SWATF-troepeJune 11, 2025
Berigte dat die oud-SWATF troepe wat aandring op 36 miljoen Namibiese dollar wat glo met onafhanklikheid deur die Suid-Afrikaanse regering na die Swapo-regering oorgedra is om hulle uit te betaal, bly in die nuus. Ombudsman Basilius Dyakugha het gesê hy kan hulle nie help nie, want daar is nie bewyse dat die geld ooit oorbetaal is nie. Die troepe kry steeds nie veteraan voordele of uitbetalings nie en hulle beweer Swapo het die geld gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dyakugha, wat uitbrei.