Namibië, Rosatom bespreek glo kernkragsentraleJune 11, 2025
Business Insider Africa berig besprekings is aan die gang tussen Namibië en Rusland se Rosatom vir die oprigting van ‘n kernkragsentrale. Ryan Collyer, die uitvoerende hoof van Rosatom Sentraal- en Suidelike Afrika, is aangehaal dat hy sê hulle sien Namibië as ‘n belowende vennoot in die kernkrag-veld. Uranium One in Namibië sê hulle is nie bewus van die besprekings nie, maar kan moontlik teen Vrydag of vroeg volgende week reaksie van Rosatom in Rusland kry. Die energieministerie wou nie kommentaar lewer nie en het vrae op skrif versoek, wat aangestuur is. Kosmos 94.1 Nuus sal terug rapporteer. Intussen het die energiekenner Chris Yelland gesê ‘n kernkragsentrale vir Namibië is nie eintlik die regte ding nie.