Regering kry N$1,5 miljard-lening vir waterinfrastruktuurJune 11, 2025
Finansminister Ericah Shafudah het in die Nasionale Vergadering aangekondig dat die regering ‘n lening van 1,5 miljard Namibiese dollar ontvang het om die land se waterinfrastruktuur op te gradeer. Die lening is deur die KfW ontwikkelingsbank in Duitsland toegestaan. Die Gammams herwinningsaanleg is een van die projekte wat hiermee befonds sal word. Die lening kom teen die agtergrond van die 750 miljoen dollar Eurobond wat op 29 Oktober vanjaar betaalbaar is. Shafuda is aan die woord.