Hegseth gaan nuwe inligting gee oor aanvalle op IranJune 26, 2025

Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, gaan vandag op ‘n nuuskonferensie nuwe inligting verskaf oor die uitwerking van aanvalle op Iranse kernaanlegte. Dit volg ná ‘n hewige geskil oor hoe groot die terugslag was ná die Amerikaanse bombardering van Teheran se kernprogram. Amerika het drie belangrike Iranse kernaanlegte aangeval ná Israelse aanvalle op kern- en militêre terreine en gevolglike vergeldingsaanvalle van Iran. Die omvang van die skade het hewige meningsverskille in Amerika ontketen.