GRN ondersoek suikerproduksie by Kalimbeza June 11, 2025

Die regering, terwyl hy nie die Kalimbeza-rysprojek op dreef kan kry nie, voer ‘n lewensvatbaarheidstudie uit om suikerproduksie by die rysaanleg op die been te bring. Terwyl dit nie bekend is wanneer die studie voltooi sal wees nie, kan die uitdagings by Kalimbeza nie geïgnoreer word nie. Die aanleg sukkel met herhaalde diefstal, ook van sy grenslyn wat veroorsaak dat vee in die gebied wei. Verlede jaar is 8 miljoen dollar aan Kalimbeza gegee om produksie op die been te kry en daar was ‘n klein oes, die eerste in meer as twee jaar. Dit na die regering meer as 50 miljoen Namibiese dollar op toerusting vir rysproduksie bestee het.