Honderde skole sonder voedselprogram gelaatJune 9, 2025
Ongeveer 224 skole het in die eerste ses maande van die jaar nog geen hulp van die Namibiese Skoolvoedingsprogram ontvang nie. Die voedingsprogram is in baie van dié skole die enigste maaltyd wat die kinders vir die dag ontvang. Die Republikein berig die skole wat geraak word is in streke wat die meeste deur armoede geraak word en sluit 27 in Omaheke, 95 in Kunene en 102 in Zambezi in. Volgens die lynministerie kry die droogte en die hoë prys van mieliemeel die skuld. ‘n Tekort aan mieliemeel by verskaffers en die hoër pryse het tot die tekort gely.