China moet SA nie net as ‘n mark beskou nieJune 8, 2025
Die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kiesewetter, doen ‘n beroep op China om in plaaslike vervaardiging te belê. Kiesewetter het in Pretoria op ‘n vergadering met die Chinese ambassadeur, Wu Peng, gesê hy wil hê Suid-Afrika moet nie bloot as ‘n mark vir Chinese produkte beskou word nie, maar ook as ‘n bestemming vir die montering en vervaardiging van goedere deur Chinese beleggers. Suid-Afrika het tot dusver vanjaar 60 miljard rand meer Chinese goedere ingevoer as uitgevoer. Meer as 90 persent van Suid-Afrika se uitvoere na China is mynbouprodukte. Suid-Afrika koop meestal masjinerie, klere en voertuie by China.